| |||||
| |||||
Ligging van die Bataafse Republiek | |||||
Hoofstad | de facto: Den Haag | ||||
Taal/Tale | Nederlands | ||||
Godsdiens | Protestantisme, Rooms-Katolieke Kerk | ||||
Regering | Republiek | ||||
Historiese tydperk | Franse Rewolusie | ||||
- Uitbreek van die Franse Rewolusie | 14 Julie 1789 | ||||
- Bataafse Revolusie | 19 Januarie 1795 | ||||
- 1ste Staatsgreep | 22 Januarie 1798 | ||||
- 2de Staatsgreep | 12 Junie 1798 | ||||
- Vrede van Amiens | 25 Maart 1802 | ||||
- Benoeming van Lodewyk Napoleon tot koning | 5 Junie 1806 | ||||
Bevolking | |||||
- 1795 skatting | 1 880 000 | ||||
Geldeenheid | Gulden |
Staatskundige geskiedenis van die Nederlande | ||
Noordelike Nederlande | Suidelike Nederlande | Heilige Romeinse Ryk & Duitse Bond |
Goue van Oos-Francië | Goue van Wes-Francië | Goue van Oos-Francië |
Luik | ||
1384 Boergondiese Nederlande | ||
1482 Habsburgse Nederlande | ||
1543 Sewentien Provinsies (vanaf 1566 in opstand) | ||
1588 Republiek die Sewe Verenigde Nederlande |
1585 Spaanse Nederlande | |
1713 Oostenrykse Nederlande | ||
1795 Bataafse Republiek |
1794 Eerste Franse Republiek | |
1806 Koninkryk Holland | ||
1810 | 1804 | |
Eerste Franse Keiserryk | ||
1813 Vorstendom die Nederlande |
1814 Generaal- Goewernement | |
1815 Verenigde Koninkryk die Nederlande |
1815 Groothertogdom Luxemburg | |
1830 Koninkryk die Nederlande |
1830 Koninkryk België |
1848 & 1867 Groothertogdom Luxemburg |
Die Bataafse Republiek (1795–1806) was 'n republiek wat die grootste gedeelte van die huidige Nederland beslaan het. Dit is gemodelleer op die Franse Republiek, waarvan dit 'n vasalstaat was.
Die Bataafse Republiek word afgeroep op 19 Januarie 1795, die dag nadat die stadhouer Willem V van Oranje na Engeland gevlug het.
In kontras met gebeure in Frankryk het rewolusionêre veranderings in Nederland relatief vreedsaam verloop. Die land was reeds 'n republiek vir twee eeue en het min adellikes gehad; die guillotine was nie nodig nie. Die ou Republiek het 'n baie argaïese en oneffektiewe politieke samestelling gehad: besluitneming het baie stadig gevorder, en baie keer glad nie gebeur nie. Die Provinsies het soveel mag gehad dat hulle sinvolle uitvinding blokkeer het. Die Bataafse Republiek het die oorgang na 'n meer gesentraliseerde en funksionele regering gemerk. Baie van sy uitvindings het behoue gebly in latere tye.
Die nuwe Republiek het sy naam geneem van die Batavii, 'n stam wat in Nederland gewoon het in Romeinse tye, en wat as die voorgangers van die Nederlandse nasie beskou was.
Weer in kontras met Frankryk het die nuwe Republiek nie 'n terreur-regime of verval tot diktatorskap beleef nie: veranderings is aangebring ná Napoleon Bonaparte se bewindkoming. In 1805 het Napoleon 'n uitgeslape politikus Rutger Jan Schimmelpenninck aangestel as raadspensionaris om die uitvoerende regeringstak te versterk. Daarna, in 1806, het Napoleon vir Schimmelpenninck geforseer om te bedank, die land hernoem na die Koninkryk van Holland, en sy broer Louis Bonaparte as die nuwe koning van Holland ingestel.
Die enigste teken van politieke onstabiliteit was enkele staatsgrepe: die eerste het in 1798 gebeur, toe rewolusionêre kommandeurs gegrief was deur die stadige pas van demokratiese hervorming (die Nasionale Vergadering, wat in 1796 saamgeroep is, was verdeel deur onderlinge partystruwelings). Die tweede het in 1801 gebeur, toe 'n Franse kommandeur, wie deur Napoleon ondersteun was, 'n konserwatiewe staatsgreep uitgevoer het wat die veranderings wat deur die 1798 staatsgreep ingevoer is, terugverander het.